Search

Twee kritiek beseer na voertuig buite Deneysville rol

DENEYSVILLE - Paramedici sê ‘n man in sy 40’s en ‘n vrou in haar 30’s is kritiek beseer na hulle voertuig van ‘n grondpad afgerol het naby die R716 tussen Deneysville, Vaaldriehoek, en Heilbron, Vrystaat. ER24 sê hulle paramedici het omstreeks 16:08 die middag op die toneel gekom waar die Provinsiale nooddienste reeds was. ‘n Motorvoertuig is regop aan die kant van die pad gevind. ‘n Man het langs die voertuig gesit terwyl die provinsiale medici ‘n vrou ondersoek het. Beide pasiënte het kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel met gevorderde lewensondersteuning behandel voordat die vrou met ‘n privaat mediese helikopter na die hospitaal geneem is. Die man is per ambulaans na die hospitaal geneem. ER24 sê besonderhede rondom die voorval is nog onbekend.

FOTO: (ER24)




4 views0 comments