Search

Twee rowers in Vereeniging word met skietwonde in die hospitaal opgeneem

VEREENIGING - Twee rowers is gistermiddag in die Sebokeng hospitaal met skietwonde opgeneem. Volgens Vaalweekblad is die rowers na bewering gewond nadat ‘n gewapende rooftog in die Vereeniging middestad skeefgeloop het. Die rowers het ‘n besigheid in George straat beroof, waarna ‘n skietery tussen die polisie en rowers plaasgevind het. Die Sedibeng Blitspatrollie se flink optrede het volgens berigte tot die arrestasie van drie verdagtes gelei, terwyl ‘n vierde verdagte te voet gevlug het.

FOTO: (Ettienne van Rensburg / Vaalweekblad)


0 views
Listen Live.jpg