Search

Twee sterf en 14 beseer in N1 taxi-ongeluk

GRASMERE - Paramedici sê twee mense het gesterf en 14 ander is beseer na hulle minibus-taxi op die N1 Noord in Grasmere gerol het. ER24 sê hulle paramedici en verskeie ander nooddienste het kort voor 07:00 vanoggend op die toneel gekom waar hulle die taxi op sy dak aan die kant van die pad gevind het. Verskeie mense het rondom die voertuig gelê. Medici het die pasiënte ondersoek en gevind dat ‘n man en ‘n vrou aan hulle verskeie noodlottige beserings omgekom het. Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Veertien ander mense is ondersoek wat kritiek tot geringe beserings opgedoen het. Die pasiënte is behandel met gevorderde lewensondersteuning voordat hulle na nabygeleë hospitale vir verdere sorg geneem is. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


14 views0 comments