Search

Twee sterf in Eikenhof na kombi agter in bakkie vasry

VAALDRIEHOEK - Paramedici sê twee mense is noodlotting beseer en vier ander is matig to ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie en ‘n kombi in Eikenhof, net noord van die Vaaldriehoek. ER24 het met aankoms op die toneel omstreeks 19:30 die aand twee mense in die middel van die pad gevind. Die twee mans het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Drie ander mense het langs die pad gelê en het ernstige beserings opgedoen, terwyl die kombi-bestuurder, wat steeds in sy voertuig was, matige beserings opgedoen het. ER24 sê die bakkie het glo langs die pad gebreek en is deur die groep mans gestoot toe die kombi agter in die bakkie vasgery het. ER24 en verskeie ander mediese dienste op die toneel het die pasiënte behandel voordat hulle na die hospitaal vir verdere mediese sorg geneem is.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments