Search

Twee voetgangers beseer na ongeluk in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Twee voetgangers is beseer na hulle gisteraand deur ‘n motor getref is in Vanderbijlpark. Paramedici van ER24 het die twee mans, onderskeidelik 36 en 47 jaar oud, gisteraand aan die sy van die R57 aangetref. Die motor was verder af in die pad geparkeer. Mediese personeel het die twee mans ondersoek en gevind dat hulle vele beserings opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was. Die mans is behandel vir hulle beserings en met pyn-medikasie voorsien, voordat hulle per ambulans na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Die bestuurder van die motor het geen beserings opgedoen nie. Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Verskaf)

[Vir meer plaaslike nuus, besoek gerus die 90.6 FM TV Nuuskanaal op YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCwIHh6lHQWP1b3MbTdf1clQ]


12 views1 comment
Listen Live.jpg