Search

Vaal motorfietsryers gemaan om deel te neem aan rit teen plaasmoorde

VAALDRIEHOEK - Die motorfietsryers-organisasie, Ride 911, het ‘n beroep op motorfietsryers regoor Gauteng gedoen om op 29 Augustus aan hul massa-rit na die Uniegebou deel te neem om teen plaasmoorde te staan. Woordvoerder van Ride 911, TJ Maré, sê die doel van die betoging is om mense bewus te maak van hoeveel plaasmoorde die afgelope paar maande in die land plaasgevind het. ‘n Vaaldriehoek-verteenwoordiger het volgens Vaalweekblad gesê alle Vaal-motorfietsryers sal om 07:00 by die KFC Vaal Mall in Vanderbijlpark ontmoet om 07:30 weg te trek na die blokhuis op die R59, waarvandaan hulle om 08:30 sal wegtrek na Pretoria. Vereeniging motorfietsryers sal om 07:00 by die Arconpark Checkers ontmoet en om 07:30 wegtrek. Hulle sal om 08:00 vanaf die N1 Vaal tolhek wegtrek in Pretoria se rigting. Mans is gevra om ‘n wit kruis te bring met boodskappe van hulle en hul gesinne aan president Cyril Ramaphosa, of as ‘n alternatief kan hulle die name van diegene wat tydens plaasaanvalle dood is op die kruis skryf. Vrouens is gemaan om ‘n wit roos te bring. Maré sê ‘n oomblik van stilte sal ook om presies 12:00 waargeneem word wanneer motorfietsryers voor God sal kniel in gebed om ‘n einde aan plaasmoorde te bring.

FOTOS: (Twitter - 'n Vorige rit teen plaasmoorde)



5 views