Search

Vaal motoriste word herhinner om motortenks vol te maak voor middernag vanaand

VAALDRIEHOEK - Die regering het bevestig skerp verhogings in brandstofpryse word van middernag af van krag. Die petrolprys styg met ‘n reuse R1,21 per liter en diesel met R1,48. Die prys van lampolie styg met R1,45. Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie skryf die verhogings toe aan die hoë internasionale oliepryse asook die rand se swak vertoning teenoor die dollar. Die gemiddelde prys van Brent ru-olie het verlede maand sy hoogste vlak in drie jaar van meer as $83 per vat bereik.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments