Search

Vaaldam op sy laagste vlak in drie jaar

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie het bekend gemaak dat die vlak van die Vaaldam tot minder as 45 persent gedaal het, wat sy laagste vlak in drie jaar is. Die woordvoerder van die departement, Sputnik Ratau sê dit was te wagte weens laer reënval die somer. Die Departement het inwoners versoek om nie paniekerig te raak nie, want hulle is vol vertroue dat daar genoeg water is tot die volgende reënseisoen. Hy sê die Vaaldam is een van 14 damme in die geïntegreerde Vaalrivierstelsel en daar is geen rede tot kommer nie. Ratau het egter Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse inwoners aangemoedig om water steeds spaarsamig te gebruik.

FOTO: ('n Vroeër foto van die dam)


3 views