Search

Vaaldam vandeesweek heelwat voller as verlede jaar hierdie tyd

VAALDRIEHOEK - Die Vaaldam is vandeesweek heelwat voller as verlede jaar hierdie tyd, ondanks ‘n daling in die damvlak en die algehele stelsel. Maroela Media berig die dam se vlak het verlede week op 82,3% gestaan, maar het effens afgeneem tot 82,7%. Dit is egter ‘n merkwaardige verbetering van verlede jaar dieselfde tyd toe die dam net 55,4% vol was. Volgens die departement van water en sanitasie is die styging in die damvlak te danke aan ‘n goeie reënseisoen die vorige jaar in die dam se opvangsgebiede. Die damstelsel bestaan uit 14 damme en strek oor Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en die Noord-Kaap. Die departement sê daar is hoop dat die verwagte reën in die komende maande die meeste van die land se damme verder sal aanvul.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments