Search

Vaaldam-vlak steek die 80% kerf verby

VAALDRIEHOEK - Gauteng Weather het vandag bekendgemaak dat die Vaaldam se vlakke die 80% merk verbygesteek het. Die groep het in ‘n kennisgewing op Twitter gesê die Vaaldam se vlak het teen vanoggend op 82.4% gestaan. Dit na die vlak gister op 79.8% gestaan het, wat ‘n toename van 2.6% in ‘n dag se tyd is. Die diens sê groot volumes water is steeds besig om in te vloei, daarom word daar verwag dat die dam se vlakke selfs verder in die komende dae kan styg. Ten spyte van die goeie nuus het Gauteng Weather steeds gewaarsku dat Suid-Afrika ‘n waterskaarse land is en verbruikers gemaan om altyd water spaarsamig te gebruik.

FOTOS: (Vaaldam se vlak in Oktober teenoor vandeesmaand: 90.6 FM News - Williene Fuller)






14 views0 comments