Search

Vaaldamvlakke styg terwyl Vaalrivierstelsel se vlakke afneem

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Water en Sanitasie het bevestig dat die Vaaldam watervlakke vandeesweek hoër is as verlede week en staan tans op 36.5%. Die Departement sê op dieselfde tyd verlede jaar het die damvlakke op 39.4% gestaan, wat daarop dui dat die dam sedert verlede jaar sukkel om ten volle te herstel. Die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel het egter ‘n afname van 0.1% beleef en staan nou op 57.3%. Departement woordvoerder, Sputnik Ratau, sê hoewel die watervlakke effens styg, doen die Departement steeds ‘n beroep op watergebruikers om water spaarsamig te gebruik.

FOTO: (Verskaf)



20 views0 comments