Search

Vaaldriehoek inwoners loop deur onder gekaapte WhatsApp-rekeninge

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaners het die afgelope week deurgeloop onder gekaapte WhatsApp-rekeninge. Gedurende die voorvalle het kapers hul slagoffers verpersoonlik en geldvragte van hul vriende gevra. Die bedrog is meestal afhanklik van die kaping van 'n telefoonnommer deur die nommer na 'n nuwe netwerk te stuur en dan 'n nuwe SIM-kaart daarvoor te kry. Tensy 'n WhatsApp-rekening deur twee-faktor-verifikasie beskerm word, beheer wie ookal die nommer se SMS'e ontvang ook die WhatsApp vir die gepaardgaande telefoonnommer. Die vinnigste manier vir mense wat deurgeloop het aan die WhatsApp-kapings om weer beheer oor hulle rekeninge te kry is om die aanval te stop. Indien gekaapdes nie vinnig genoeg hulle selfoonnommers kan terug kry nie, kan ‘n e-pos aan support@whatsapp.com gestuur word om die rekening te deaktiveer. Sodra die nommer weer in eie beheer is, moet daar ingeteken word op WhatsApp en seker maak alle WhatsApp-web toepassings is uitgeteken. Gebruikers word ook aangeraai om hulle WhatsApp-groepe in kennis stel dat hulle rekening gekaap was en seker maak daar is nie nuwe lede bygevoeg op groepe waar hulle die administrateur is nie.

FOTO: (Verskaf)



22 views