Vaaldriehoek sake-ondernemings genooi om aan te sluit by die toetsing van ‘n vier-dag-week
VAALDRIEHOEK - Besighede in die Vaaldriehoek word genooi om ook deel te neem aan die toetsprojek vir ʼn werksweek van vier dae, nadat Suid-Afrika sy beplande deelname aangekondig het. Hierdie inisiatief word dwarsoor die wêreld gesteun in ‘n poging om produktiwiteit en welstand in die werkplek te bevorder. Die Global Workplace 2022-verslag dui daarop slegs 24% van Suid-Afrikaanse werkers is regtig betrokke by die werk en slegs 29% is gelukkig met wat hulle doen. Suid-Afrikaanse ondernemings is genooi om deel te neem aan die toetsprojek. Die beplanning begin in November en die projek sal aanstaande jaar begin.
FOTO: (Verskaf)
