Search

Vaaldriehoekers gemaan om vir eie beswil nie water op te gaar voor Maandag se onderbreking nie

VAALDRIEHOEK - Rand Water doen ‘n beroep op Gautengers om nie water op te gaar ter voorbereiding van volgende week se 54-uur-wateronderbreking nie. Rand Water verwag dat waterdruk in agt munisipaliteite, meestal in Gauteng, geraak sal word. Dit sluit die Emfuleni en Metsimaholo plaaslike munisipaliteite in die Vaaldriehoek in. Rand Water sê in ‘n kennisgewing die doel van die werk is om die druk op Rand Water se B11-pypleiding te verminder en die onderlinge verbinding met die nuwe B19-pyplyn te voltooi. Gebiede in Emfuleni wat geraak word sluit in Vanderbijlpark, Bophelong, Sharpeville, Vereeniging, Bonanne, Boipatong en Tshepiso, Sebokeng, Evaton, Bonanne en omliggende landelike areas in. Uitvoerende bestuurder by Rand Water se Zuikerbosch watersuiweringsaanleg, Eddie Singo, sê as inwoners water opgaar sal dit groot implikasies hê. Hy sê dit veroorsaak dat die hele stelsel leegloop, wat beteken dat wanneer Rand Water klaar is met hul 54-uur werk, hulle 'n stryd gaan hê om die reservoirs weer op te vul.

FOTOS: (Rand Water, Emfuleni)




20 views0 comments