Search

Vaaldriehoekers gewaarsku teen ongeskikte blikkiesvis wat onttrek is

VAALDRIEHOEK - Die supermarkgroep Shoprite Checkers het ‘n beroep op kliënte gedoen wat onlangs sardientjies van West Point Processors in sy winkels gekoop het om die vervaardigingskodes op hul blikkies te kontroleer. Die vervaardigers sê hulle vermoed dat daar ‘n fout was tydens die verpakkingsproses van twee produkte, met die kodes ZST2 en ZSC2, wat die produk ongeskik vir menslike gebruik maak. Die blikkies van 400g is reeds van die rakke verwyder. Die vis word onder ses verskillende handelsmerke verkoop. Dit is Kaappunt, Saldanha, sowel as die Checkers en Shoprite-handelsmerke, die U-handelsmerk en OK se handelsmerk. Dit is egter slegs van toepassing op sardyne in tamatiesous, geen ander geblikte vis nie. West Point blik ook tuna en ander vissoorte. FOTOS: (Business Insider)




42 views