Search

Vaaldriehoekers kan môre in Vereeniging sê oor onteiening sonder vergoeding

VAALDRIEHOEK - AfriForum het Vaaldriehoek inwoners gemaan om môre ‘n verhoor in Vereeniging oor grondonteiening sonder vergoeding by te woon. Die burgerregte organisasie het in ‘n kennisgewing gesê die verhoor vind môre oggend, 14 Maart, om 11:00 plaas by die Vereeniging stadsaal. Dit is op die hoek van Joubertstraat en Merrimanrylaan, Vereeniging. AfriForum sê as die ANC en EFF hul sin kry, is onteiening sonder vergoeding eersdaags ’n Suid-Afrikaanse werklikheid. Volgens hom hou die miskenning van eiendomsreg ’n ernstige bedreiging vir Suid-Afrika in. Die organisasie het Vaaldriehoekers gemaan om saam met hom hulle insette oor die wysinging van die Grondwet te kom gee. AfriForum sê dit is ‘n geleentheid om direk te rapporteer aan die parlementêre portefeuljekomitee gemoeid met die wysiging van artikel 25. FOTO: (AfriForum)



0 views
Listen Live.jpg