Search

Vaaldriehoekers kan nou binne hul eie provinsie na 'n gastehuis reis

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse inwoners sal volgens berigte nou binne hulle eie provinsie kan reis om by 'n gastehuis of hotel oor te slaap. Die minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het die inperktyd-regulasies vir toerisme in die staatskoerant gepubliseer. Die woordvoerder van Flight Centre, Andrew Stark, sê intra-provinsiale reise, oftewel reise vir ontspanning binne-in die provinsie waar jy woon se grense, word nou toegelaat en besoekers mag by geakkrediteerde verblyfplekke oorslaap. Netwerk24 berig by hotelle, lodges, bed-en-ontbyt-plekke, tyddeeleenhede, oorde en gastehuise waar meer as 50 mense aandoen, moet siftingstasies aangebring word. Daar sal ook hier van gaste gevra word om te alle tye gesigmaskers te dra, behalwe wanneer hulle in hul eenhede tuisgaan of wanneer hulle drink of eet. Slegs 50% van die kapasiteit van ’n algemene slaapkamer met baie beddens mag gebruik word. ’n Reiniger moet in alle gastekamers beskikbaar wees. Toegangsleutels of -kaarte vir eenhede moet by uitgaan en aankoms van gaste ontsmet word. By hul aankoms moet alle gaste se reisbagasie ook ontsmet word. Binnelandse vlugte vir ontspanning word nog nie toegelaat nie en Airbnb-akkommodasie mag ook nie gebruik word nie. Reise oor provinsiale grense vir werk, begrafnisse of mediese sorg word reeds met of sonder permitbepalings toegelaat.

FOTO: (Verskaf)


15 views