Search

Vaaldriehoekers sien moontlik nog ‘n groot petrolprysdaling volgende maand

VAALDRIEHOEK - Indien Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse motoriste weer in Mei na willekeur mag rondry, kan hulle verwag om by nog ‘n groot daling in die petrolprys te baat. Die daling in die petrolprys op 6 Mei gaan moontlik, net soos vandeesmaand, naby aan R2 per liter draai. Diesel gaan na verwagting met net meer as R1 per liter goedkoper word.Teen vandag was die gemiddelde oorverhaling (dus potensiële daling) vir 95-oktaan-petrol R1,89 per liter en vir 93-oktaan R1,81. Vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% was dit R1,17 per liter en met 0,005% swael R1,14. Nog twee weke van die oorsigmaand vir Mei se brandstofpryse bly oor, maar dit is volgens berigte reeds ’n uitgemaakte saak dat petrol vir die vyfde opeenvolgende maand goedkoper gaan word en diesel vir die vierde maand.

FOTO: (Verskaf)


34 views
Listen Live.jpg