Search

Vaaldriehoekers sit dalk nog vir twee weke met stadige internet

VAALDRIEHOEK - Dit kan tot twee weke duur voor internet- en selfoondienste in Suid-Afrika na normaal terugkeer. Die skip waarmee kenners na die kus van die Kongo geneem moet word om herstelwerk te doen aan ondersese kabels, het uiteindelik uit Kaapstad vertrek nadat stormwind bedaar het. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsings- en Opleidingsnetwerk sê dit gaan sowat ses dae duur om die gebied te bereik en minstens nog ‘n week om die herstelwerk uit te voer. Suid-Afrika se grootste telekommunikasie infrastruktuur-voorsiener, Openserve, sê hy het ooreenkomste met verskeie partye aangegaan om vir die verlies aan spoed op die internet en selfoonontvangs te vergoed. FOTO: (Verskaf)


14 views
Listen Live.jpg