Search

Vakbond-federasies verwerp regeringsvoorstel van minimumloon verhoging

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrika se grootste vakbond-federasies het ‘n regeringsvoorstel verwerp om die nasionale minimumloon met 5% te verhoog. Cosatu sê vakbonde verteenwoordig op die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad eis ‘n verhoging van minstens 12,5%. Die organisasies wil hê vergoeding moet die inflasiekoers van die afgelope drie jaar in aanmerking neem, vandat die aanvanklike ooreenkoms bereik is. Die minimum loon is op R20 per uur vir algemene arbeiders, R18 per uur vir plaas arbeiders en R15 per uur vir huishoudelike arbeiders vasgestel.

FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg