Search

Vakbond se hofaansoek om skole weer te sluit misluk

VAALDRIEHOEK - Die Noord-Gautengse hooggeregshof het vandag beslis dat skole kan oop bly. Dit kom nadat die hof die onderwys-vakbond EUSA se aansoek dat die skole moet sluit, van die hand gewys het. Die vakbond het aansoek gedoen vir ’n interdik teen die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se besluit om skole Maandag te heropen. Die vakbond Solidariteit, wat hom by die onderwysdepartement geskaar het en die hof genader het om as belanghebbende by die saak gevoeg te word, sê in ’n verklaring die hof het bevind Eusa se aansoek bevat “wesenlike gebreke”. Solidariteit het geargumenteer dat skole wat aan gesondheidsvereistes kan voldoen oop moet bly. bestuurshoof van Solidariteit dr. Dirk Hermann, sê die uitspraak is ’n oorwinning vir leerlinge en onderwysers in die land in die lig daarvan dat hul toegang tot onderrig en reg om te werk, deur dié oorwinning bevorder word.

FOTO: (Citizen)


4 views