Search

Vakbonde vra Telkom of vrywillige skeidingspakkette aan te bied

VAALDRIEHOEK - Verskeie vakbonde het Telkom aangemoedig om vrywillige skeidingspakkette aan werknemers te bied, in ‘n poging om sy arbeidsmag op ‘n minder traumatise manier te snoei. Volgens Netwerk24 het die Information Communication Technology Union, Numsa en Solidariteit gedurende die derde konsultasie Dinsdag met behulp van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gesê hulle is ten gunste van vrywillige pakkette, in ‘n poging om te keer dat Telkom byna 3,000 mense gedwonge aflê. Die drie vakbonde het verder Telkom se rasionaal verwerp dat mededinging vir telekommunikasiedienste toeneem en reguleerders dus ‘n uitdagende bedryfsomgewing skep. FOTO: (Verskaf)


17 views
Listen Live.jpg