Search

Vanderbijlpark SAPD waarsku teen die verspreiding van onnodige paniek

VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD het gemeenskapslede verseker dat hulle hard werk om die veiligheid van die gemeenskap te verseker. Vanderbijlpark stasiebevelvoerder, Brigadier Nikiwe Hoeane het in ‘n verklaring gesê hulle vra egter dat inwoners op hoë gereedheidgrondslag is en slegs akkurate inligting op sosiale groepe deel soos wat wetstoepassers en die sekuriteitssektor saamwerk om hulle veiligheid te verseker. Hoeane het inwoners gemaan om nie paniek te saai en boodskappe aan te stuur wat onstabiliteit in gemeenskappe veroorsaak en die polisie op ‘n hasespoor sit nie. Die brigadier waarsku dat die deel van vals nuus is ‘n ernstige misdaad en kan arrestasie veroorsaak. Intussen het Makro SA aangekondig al sy winkels sal vanaf 13:00 vanmiddag gesluit weens weens die betogings wat dele van die land in sy greep het. Vaal Mall is tans heeltemal toe, ook as voorsorgmaatreël, terwyl die 90.6 FM Nuusspan bevestiging gekry het dat die Bedworth Centre waar Pick 'n Pay en Builders Warehouse geleë is ook gesluit is. Berigte dat die Checkers in Arconpark in onrus gedompel is, is deur 90.6 FM bevestig as onwaar. Die winkel het bevestig dit is oop tot vanaand 19:00. Daar is tans ‘n boodskap wat die rondte doen vanaf ‘n sogenaamde Generaal Rassie Erasmus wat almal in die omgewing van De Deur waarsku om versigtig te wees omdat dit lyk of betogings daar gaan begin opvlam. Die 90.6 FM Nuusspan kon nog nie bevestiging kry van nog ‘n bron dat dit wel waar is nie. Inwoners wat in die omgewing is kan 'n boodskap aan 90.6 FM Nuus stuur en ons asb inlig wat die huidige situasie daar is. FOTOS: (Makro SA; Facebook)


340 views0 comments