Search

Vanderbijlpark se balju sterf in haar slaap

VANDERBIJLPARK - Vanderbijlpark se balju, die 55-jarige mev. Annelie Lawson (55), het volgens berigte onverwags in haar slaap gesterf. Lawson se seun het aan Vaalweekblad gesê sy het die Dinsdag voor haar dood ‘n operasie ondergaan om siste in haar lewer te verwyder. Sy is die Vrydag ontslaan en het tuis aangesterk toe sy onverwags die Sondagoggend in haar slaap gesterf het. ‘n Bekende Vaaldriehoekse aanklaer, mev. Amanda Strydom, wat mev. Lawson goed geken het, sê sy was ‘n groot gees in die plaaslike regsgemeenskap. Strydom sê ten spyte van moeilike uitdagings verbonde aan haar pos, was sy altyd bekend vir haar lag en vriendelikheid. Lawson word oorleef deur haar man, Derick, en twee seuns. Haar naasbestaansdes het Vrydag in ‘n private seremonie van haar afskeid geneem.

FOTO: (Vaalweekblad)



31 views