Search

Verbruikers versoek kontant na vlugte gekanselleer is

VAALDRIEHOEK - Reisagente het gesê baie van hulle het geen ander keuse as om kontantterugbetalings te weier aan die verbruikers wie se reisplanne weens die coronavirus-pandemie gekanselleer is nie. Talle reisagentskappe sê hulle kan slegs krediet aan die verbruikers bied vir latere gebruik en wat geldig sal wees vir tot 24 maande nadat die toer gekanselleer is. Hulle sê meeste reisigers dring egter daarop aan dat hulle terug betaal word. ‘n Agent in KwaZulu-Natal sê terugbetalings is egter onmoontlik omdat hulle reeds die geld aan ander lugdienste en hotelle oorbetaal het wat weens die pandemie bankrot gegaan het.

FOTO: (Verskaf)



4 views
Listen Live.jpg