Search

Verbruikers word gewaarsku teen skerp brandstofprysstygings volgende week

VAALDRIEHOEK - In teenstelling met die Sentrale Energiefonds se vroeëre voorspelling dat die petrolprys volgende maand met 13c per liter sou daal, verwag die AA ‘n skerp styging van tot 43c per liter. Die AA sê die rand se voortgesette krag was nie genoeg om die styging van bykans 13% in internasionale oliepryse af te weer nie. Die AA sê in sy kommentaar op die ongeouditeerde maandeinde brandstof-pryssyfers dat die prys van diesel en lampolie volgende Woensdag met tot 55c per liter kan opskiet.

FOTO: (Verskaf)


1 view0 comments