top of page
Search

Verbruikersinflasie daal effens tot 6,8%

VAALDRIEHOEK - Jaarlikse verbruikersinflasie het in April tot 6,8% gedaal van 7,1% in Maart. Statistiek SA sê dit is die laagste lesing sedert Mei 2022 toe inflasie 6,5% was, maar steeds buite die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teiken van 3% tot 6% Die brood- en graanprys-aanwyser het in die 12-maande tot April met 20,8% gestyg. Die melk-, eier- en kaasproduktegroep het ‘n jaarlikse toename van 14,5% aangeteken – die grootste styging in 14 jaar. Jaarlikse inflasie vir nie-alkoholiese drankies was 10,4% in April, die hoogste koers sedert Januarie 2010. Vleis-inflasie het vir ‘n tweede opeenvolgende maand verlangsaam en het afgeneem tot 9,5% van 10,6% in Maart.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page