Search

Verbruikerskommissie waarsku teen piramideskemas soos Crowd1

VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Verbruikerskommissie het Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse inwoners opnuut gewaarsku oor die gevare om by piramide- of vermenigvuldigingskemas betrokke te raak. Hierdie skemas beloof mense dat hul ‘n hoë opbrengs van beleggings sal hê en dring gewoonlik daarop aan om meer mense te werf. Die kommissie sê dat Crowd1 nou ondersoek word nadat daar die kommissie ‘n klag van die onderneming ontvang het. Woordvoerder van die kommissie, Joseph Selolo sê mense verloor baie van hul swaarverdiende geld aan hierdie skemas.

FOTO: (Verskaf)


12 views