Search

Verdere belastingmaatreels om Suid-Afrikaners deur COVID-19 te help word aangekondig

VAALDRIEHOEK - Die Minister van Finansies,Tito Mboweni, het verdere belastingmaatreëls aangekondig om individue en ondernemings deur die koronavirus-pandemie te help. Dit sluit in uitstel van drie maande vir die indien en eerste betaling van verpligtinge vir koolstofbelasting, die versnelling van belastingopgawes op toegevoegde waarde, ‘n vier maande-onderbreking op vaardigheidsontwikkelings-heffings vanaf volgende maand, en ‘n toename in die uitgebreide aansporingsbedrag vir indiensnemings-belasting. Die Nasionale Tesourie sê die maatreëls sal na verwagting sowat R 70 miljard ter ondersteuning bied.

FOTO: (Verskaf)


6 views