Search

Vereeniging Gimnasium onderwyser sterf na hartaanval tydens Parkrun

VAALDRIEHOEK - ’n Onderwyser van Vereeniging Gimnasium, Nico Bekker, is Saterdagoggend ná ’n hartaanval dood toe hy aan die Parkrun Riviera-on-Vaal deelgeneem het. Woordvoerder van Parkrun, Bruce Fordyce, sê volgens hul rekords was dit sy eerste Parkrun. Fordyce, sê Bekker het goed gevaar, maar naby aan die einde ineengestort. Woordvoerder van ER24, Ross Campbell, sê paramedici het hom aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel maar hy is op die toneel dood. Netwerk24 berig Bekker se dood is’n groot verlies vir Vereeniging Gimnasium, waar hy lewenswetenskap gegee het. Die skoolhoof, Nelis van Dyk, sê volgens die berig Bekker het sy alles gegee vir die skool en het selfs in die vakansies in sy vrye tyd die kleedkamers se teëls vervang en ander herstelwerk aan die terrein gedoen. Hy het ook sport afgerig. Parkrun het sy medelye teenoor Bekker se geliefdes betuig. FOTO: (Parkrun)


54 views