Search

Vereeniging polisie arresteer 33 verdagtes in drie dae

VEREENIGING - Vereeniging polisie het 33 mense in drie dae gearresteer vir verskeie misdade. Polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, sê die verdagtes is onlangs gearresteer vir onder meer die besit en verkoop van dwelms, dronkbestuur, besigheidsinbrake en winkeldiefstal. Ander misdade waarvoor die verdagtes in hegtenis geneem is sluit in die besit van gesteelde eiendom, aanranding, die rig van vuurwapens, poging tot moord, rooftog, motorkapings en onwettige immigrasie. Volgens Funda het alle verdagtes in die Vereeniging landdroshof verskyn.

FOTO: (Verskaf)


10 views
Listen Live.jpg