Search

Vereeniging polisie se Operasie Okae Molao hou aan goeie resultate toon

VEREENIGING - Polisie woordvoerder, Kaptein Funda sê die stasie se Operasie Okae Molao hou aan goeie resultate toon. Die verklaring kom nadat lede van die taakmag ‘n verdagte in hegtenis geneem het vir die verkoop van dwelms. Die polisie het ‘n voertuig afgetrek te midde ‘n stop-en-soek operaise, twee verdagtes ondersoek en op die een plastiese sakkies met dwelms met ‘n straatwaarde van R300 000 afgeneem. Die verdagte is in hegtenis geneem en ‘n saak teen hom word ondersoek. Die Vereeniging polisiestasie bevelvoerder, Brigadier Sonja Slabbert, het die lede van die taakmag beaam vir die goeie werk wat hulle lewer.

FOTO: (Vereeniging SAPD)


22 views1 comment
Listen Live.jpg