Search

Vereeniging polisie waarsku teen oopmaak van vals sake

VEREENIGING - Die Vereeniging SAPD het die gemeenskap gewaarsku daarteen om vals sake by die polisie oop te maak. Polisiewoordvoerder, Kaptein Fikile Funda, het gister in ‘n verklaring gesê indien individue wel hulleself aan hierdie misdaad skuldig maak, sal dit die polisie met geen ander keuse laat as om ‘n klag van meineed teen die skuldiges oop te maak nie. Funda sê in suksesse wat hulle oor die naweek behaal het, is 36 verdagtes van Donderdag tot Sondag vir verskeie misdade aangekeer. Volgens Funda het hulle verdagtes vasgetrek vir die besit en handel in dwelmmiddels, dronkbestuur, winkelroof, diefstal, algemene roof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Al die gearresteerde verdagtes het reeds in die Vereeniging landdroshof verskyn. FOTO: (Verskaf)

34 views1 comment
Listen Live.jpg