top of page
Search
Writer's picture90.6 FM News

Vergadering môre in Vereeniging oor herbenoeming van Houtkopweg

VEREENIGING - Vaaldriehoek inwoners word herhinner dat die Gautengse Geografiese Namekomitee môre 'n openbare konsultasievergadering oor die voorgestelde herbenoeming van Houtkopweg sal hou. Die komitee, in vennootskap met die Sedibeng Distrik, stel voor dat die pad in Vereeniging na Duma Nokweweg herbenoem word. Duma Nokwe het Suid-Afrika se eerste swart advokaat by die Johannesburgse Balie geword en sy naaste mededinger, Nelson Mandela, in 1956 tot die eer geklop. In sy outobiografie, Long Walk to Freedom, het oudpresident Nelson Mandela geskryf Duma Nokwe was die enigste advokaat in die Verraadverhoor. Gemeenskapslede word uitgenooi om hul gedagtes en opinies oor hierdie geografiese naamsverandering te deel. Die openbare konsultasievergadering vind Woensdagoggend 24 Julie om 09:00 by die Vereeniging Stadsaal plaas.

FOTO: (Gauteng Province)



5 views0 comments

Comments


bottom of page