Search

Verhoging in aksynsbelasting veroordeel

VAALDRIEHOEK - Die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleids-alliansie het die verhoging op aksynsbelasting wat deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni, aangekondig is, as te min veroordeel. Mboweni het gister aangekondig dat die belasting op wyn met 6% gaan styg en belasting op bier met 4,4% sal styg. Hy het aangekondig dat daar ‘n verhoging in alle vorme van alkohol, uitsluitend Afrika-bier, en tabakproduktem sal wees. Die Direkteur van die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleids-alliansie, Maurice Smithers, sê die klein verhogings dui aan dat die regering nie weet hoe groot alkoholmisbruik die samelewing affekteer nie.

FOTO: (Verskaf)

[Vir meer plaaslike nuus, Subscribe by 90.6 FM News se YouTube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCwIHh6lHQWP1b3MbTdf1clQ]


36 views