Search

Verkeer stroom terug na Gauteng

VAALDRIEHOEK - Baie vakansiegangers in KwaZulu-Natal is volgens berigte op pad huis toe. Dit volg na President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die land terugskuif na ‘n aangepaste Vlak 03-inperking om die Koronavirus se verspreiding te probeer keer. Een van die maatreëls is dat alle strande, damme, riviere en parke tot minstens 15 Januarie gesluit word. Die N3-tolkonsessie sê baie voertuie verlaat KwaZulu-Natal en die meeste hiervan is onderweg na Gauteng.

FOTO: (Verskaf)


8 views0 comments