Search

Verkeersowerhede is by groot snelweë regoor die land gestasioneer

VAALDRIEHOEK - Verkeersowerhede is by groot snelweë regoor die land gestasioneer en monitor die paaie soos mense terugkeer van vakansie. ‘n Swaar vloei van voertuie is vanmiddag verwag, veral op roetes wat die N7-, N1- en N2-hoofweë insluit. Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) doen ‘n beroep op motoriste om nie snags te bestuur nie. RTMC-woordvoerder Simon Zwane het motoriste versoek om aan verkeersreëls te voldoen. Gauteng se verkeerspolisie het motoriste en passasiers ernstig gemaan om te alle tye veiligheidsgordels te dra. ‘n Woordvoerder, Sello Maremane, het motoriste ook gevra om versigtigheid aan die dag te lê en alle padreëls en regulasies te gehoorsaam.

FOTO: (Verskaf)





4 views0 comments