Search

Vermiste Kemptonpark man se lyk vanoggend in die Vaaldam gevind

VAALDRIEHOEK - ‘n Man van Kemptonpark wat vermis geraak het nadat hy die naweek op die Vaaldam gaan visvang het, se liggaam is vanoggend in die Vaaldam gevind. Vrystaatse polisewoordvoerder, Brig. Montantsi Makhele, het bevestig Wilder se lyk is omstreeks 09:30 naby die Magrieta Prinsloo-brug gevind. Maroela Media berig dat Pieter Wilders die naweek by sy ouma, Alet Joubert, in Oranjeville in die Vrystaat gaan kuier het toe hy Saterdag spoorloos verdwyn het. Hy het glo op sy boot gaan visvang, maar nooit teruggekeer nie. Volgens sy ouma is die boot na ‘n soektog onbeskadig gevind met sy selfoon en kospakkie steeds in die boot, maar geen teken van Pieter nie. Netwerk24 berig duikers het sedert Sondagoggend onverpoos na Wilders gesoek en volgens ‘n polisiebon wat op die toneel was is sy lyk vanoggend gevind. Volgens die bron het Wilders verdrink. Netwerk24 het by ’n bron na aan die familie verneem dat Wilders Saterdagaand babers in die dam wou vang. Die bron sê hy het omstreeks 18:30 met ’n bootjie op die dam gevaar om die visvanglyne in te vat. Hy het ’n baadjie met gewigte gedra en toe vermoedelik oor die kant van die bootjie geval. Volgens die bron het die baadjie hom laat sink.

FOTO: (Maroela Media)


174 views0 comments