Search

Vermiste man se lyk in die Vaaldam gevind

VAALDRIEHOEK - Die soektog na Ryno van Niekerk het op n hartseer noot geeindig nadat sy liggaam in die vaaldam gevind is. Van Niekerk is voor sy verdwyning in die industriële gebied van Sasolburg gesien waar hy by ‘n vriend sou oornag. Hulle het na bewering egter stry gekry, waarna Ryno geloop het. Hy sou Sondag saam met sy ma na Ruimsig gaan waar hy Maandag met ‘n nuwe werk sou begin. ‘n Lid van die K9 Soek- en Reddingseenheid van Sasolburg wat Sondag by die Vaaldam na twee ander vermiste mans gesoek het, het op Ryno se lyk afgekom. Hy het iets op die dam sien dryf en by nadere ondersoek gesien dat dit ‘n slaapsak is wat toegerits is. Ryno se liggaam was toegerits in ‘n slaapsak, met ‘n steekwond in sy bors en verskeie bloukolle oor sy liggaam.

FOTO: (Vaalweekblad)



43 views