MEYERTON - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê verskeie Meyerton-areas sal môre, 7 Oktober, deur 'n beplande wateronderbreking geraak word. Die munisipaliteit sê dit is vir die vervanging van ‘n waterpyp op die hoek van Morrisweg en Stasieweg. Gebiede wat geraak kan word sluit in Meyerton CBD, Meyerton Uitbreiding 6 en Gholfpark. Die onderbreking is geskeduleer vir die 7de Oktober 2023 van 09:00 tot 17:00. ’n Watertenkwa-vragmotor sal uitgestuur word om rondtes te doen in die gebiede wat môre geraak word. Kontak die munisipaliteit deur 087 106 2471 te skakel of 'n e-pos te stuur na complaints@midvaal.gov.za.
FOTO: (Midvaal Munisipaliteit)

Kommentare