Search

Verslag toon hoërskole in Suid-Afrika is slegs 49% doeltreffend

VAALDRIEHOEK - ‘n Onlangse verslag toon dat hoërskole in Suid-Afrika slegs 49% doeltreffend is en gemiddeld 10 jaar neem om een matrikulant te lewer. Maroela Media berig die verslag deur onderwysekonome van die navorsingsgroep oor sosio-ekonomomiese beleid (RESEP) by die Universiteit Stellenbosch (US) kyk onder meer na leerderprestasie in die land se skolestelsel. Luidens die verslag blyk die herhaling van grade van die grootste hindernisse in die stelsel te wees – ‘n knelpunt wat die onderwysstelsel miljarde rand uit die sak jaag. Prof. Servaas van der Berg sê hulle het gevind dat hoërskole slegs 49% doeltreffend is, gemeet aan hoeveel jare van inskrywings dit kos om elke matrikulant te lewer. Hy sê 10 leerder-jare op hoërskool is nodig vir elke suksesvolle matrikulant omdat sommige wat matrikuleer dit slegs regkry nadat hulle een of meer keer op hoërskool gedruip het, maar meer nog omdat baie leerders jare op hoërskool deurbring sonder om ooit by matriek uit te kom.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments