top of page
Search

VF Plus dien klag by polisie in teen ANC-raadslede aan ná chaos en vandalisme in Emfuleni-raadsaal

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VANDERBIJLPARK - Die VF Plus het ʼn klag by die polisie ingedien teen hoofsaaklik ANC-raadslede ná die vandalisering van die raadsaal tydens ʼn vergadering van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit. Stoele en tafels is omgegooi, tafeldoeke op die vloer gesmyt en daarop gedans, terwyl water oor rekenaars en selfone uitgegooi is. Van die meubels is gebreek. Chaos het uitgebreek kort voor ʼn wantrouemosie teen ANC-burgemeester Sipho Radebe sou dien. Die mosie is ingedien kragtens die Munisipale Finansiële Bestuurswet weens dienslewering wat in duie gestort het. Die speaker, Sibongile Soxusa, het vergeefs probeer orde herstel en moes deur haar lyfwagte begelei word ná dreigemente van sekere raadslede. Die VF Plus beplan om ook ʼn klag by die speaker in te dien.


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page