Search

VF Plus eis dat die aanlyn-registrasiestelsel vir skole in Gauteng afgeskaf word

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus eis dat die aanlyn-registrasiestelsel vir skole in Gauteng, afgeskaf word. Die party sê duisende Gautengse leerlinge is steeds nie by skole geplaas nie weens rompslomp as gevolg van die stelsel. Dit volg nadat die Gautengse Departement van Onderwys vroeër vandeesmaand gesê het die LUR is besig om die aansoeke van toelatings te finaliseer en terugvoering sou teen vandag uitgereik word. Die VF Plus sê ouers en leerlinge is onseker oor sake aan die vooraand van die nuwe skooljaar wat môre begin. Die party se voorsitter, Anton Alberts, sê die stelsel is moontlik ontwerp om die demografie van Afrikaanse skole te verander. FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg