Search

VF Plus eis dat Emfuleni-administrateur vervang word

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus eis die vervanging van die administrateur van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Willi Billa, weens sy onvermoë om in te gryp nadat ʼn elektriese kabel onklaar geraak het en ʼn groot gedeelte van Drie Riviere in Vereeniging agtien dae sonder krag gelaat het. Raadslid, Gerda Senekal, se die onbevoegdheid van die Emfuleni-munisipaliteit om die 2,4km-kragkabel in Drie Riviere te vervang, het inwoners van dié gesogte buurt in opstand. ‘n Transformator wat Drie Riviere van elektrisiteit bedien, het agtien dae gelede onklaar geraak waarna die kragkabel in Ringweg onherstelbaar beskadig is. Die VF Plus word tans oorval met klagtes van inwoners en baie het reeds hul ontevredenheid tydens ‘n protesaksie getoon. Die VF Plus het reeds verskeie kere die administrateur gekontak en daarop aangedring dat die kabel aangekoop en vervang word. Beloftes van die administrateur en burgemeester, Gift Moerane, om die kabel te vervang, het nog op niks uitgeloop nie.

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments