Search

VF Plus Gauteng sê veiligheidstrukture moet mikroskyfies in hulle vuurwapens kry

VAALDRIEHOEK - Die Vryheidsfront Plus het tydens ‘n onlangse vergadering van die Gemeenskaps-veiligheidskomitee in Gauteng voorgestel alle vuurwapens wat deur veiligheidstrukture in die provinsie gebruik word, moet met mikroskyfies toegerus word. Ongeveer 279 vuurwapens en duisende rondes ammunisie is die afgelope drie jaar as verlore of gesteel aangemeld. ‘n VF Plus-lid van die wetgewer, Kobus Hoffman, sê daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat hierdie vuurwapens en ammunisie maklik in die hande van misdadigers kan beland, as dit nie alreeds gebeur het nie. Hoffman sê deur vuurwapens met mikroskyfies toe te rus, kan die ligging van ‘n gegewe vuurwapen te alle tye vasgestel word, asook aan wie dit uitgereik is, die dag en datum en tyd wanneer die vuurwapen afgevuur is, die koördinate van die skote wat afgevuur is, die aantal skote en meer. Hy sê dit is moderne tegnologie wat reeds deur private vuurwapeneienaars gebruik word en sal plek maak vir die ou metode van reeksnommers wat verwyder kan word om die uitkenning van ‘n vuurwapen te bemoeilik.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments