Search

VF-Plus in Midvaal help om Fakkelmonument uit Vereeniging te skuif

VEREENIGING - Die Vryheidsfront Plus in Midvaal, Gauteng, het die afgelope naweek gehelp om die Voortrekkers se Fakkelmonument vanuit Vereeniging se hoofstraat na die Vredesmonument-tuin te verskuif. Dit is gedoen saam met organisasies soos die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniging (FAK), die Voortrekkers, Suikerbosrand-Geloftekomitee, die Genealogiese-genootskap van Suid-Afrika en die Vaaldriehoek se weermagveterane. Die beeld simboliseer die ryk Afrikaner-geskiedenis van die 1938-Fakkelloop waar die Kaapse- en Natalse-feesfakkels mekaar op 14 Desember in Vereeniging ontmoet het. ‘n Skare van 10 000 mense het die fakkels ingewag en 50 polisiebeamptes was nodig om die opgewonde skare te beheer. Party-woordvoerder, Kobus Hoffman, sê die monument is deur die jare gevandaliseer en as kennisgewingbord vir advertensies gebruik. Die geleentheid is bygewoon deur dr. Pieter Mulder, voormalige VF Plus-leier en oud-geskiedenisprofessor wat ‘n insiggewende praatjie oor die monument se historiese geskiedenis gelewer het.

FOTOS: (VF-Plus; Twitter - Emily Hobhouse; Vaalweekblad)






9 views