Search

VF Plus-jeug verwelkom postume Orde van Mendi-toekenning aan Roydon Olckers

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus-jeug in Gauteng verwelkom die postume toekenning van die presidensiële Orde van Mendi aan Roydon Olckers. Die VF Plus se Morné Erasmus sê Roydon, ʼn graad 12-leerder aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, het met die brugtragedie in 2019 by die skool twee mede-leerders van ʼn gewisse dood gered. Op dié dag op 1 Februarie het Roydon twee graad 8-leerders, Caitelin Harris en Denise Fourie, van onder die vallende betonbrug weggestamp. Hy het gesterf toe die brug op hom geval het. Erasmus sê met hierdie toekenning, wat die presidensie aan burgerlikes vir dapperheid toeken, sal Royden se heldedaad nooit vergeet word nie. Hy sê die toekenning plaas ook weer die veiligheid van skoolkinders en die plig wat op die owerhede rus om toe te sien dat skoolgeboue veilig is, in die kollig. Erasmus sê ʼn tragedie soos dié by die Hoërskool Driehoek mag nooit weer gebeur nie. Die jeug is die hoekstene van die land se toekoms en moet gekoester en beveilig word. Die VF Plus-jeug het ook vroeër vanjaar op Jeugdag hulde aan Roydon gebring deur hom as jeugheld te benoem.

FOTOS: (Community Support Forum; Donovan Olckers Facebookblad; The Presidency of the Republic of South Africa)


(President Cyril Ramaphosa bestows the Order of MENDI in Silver posthumously to Mr Roydon Olckers received by Mr Donovan Olckers. The Order of Mendi for bravery salutes Mr Roydon Olckers for courageously saving the lives of two learners and sacrificing his own.)



3 views0 comments