Search

VF Plus leier Pieter Groenewald besoek Vanderbijlpark

VAALDRIEHOEK - Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het Maandag verskeie plekke in Gauteng in aanloop tot die plaaslike regeringverkiesing besoek. Hy is vergesel deur Gautengse VF Plus-leier mnr. Jaco Mulder. Hulle het onder meer Krugersdorp, Vanderbijlpark, Benoni en Pretoria besoek, terwyl daar ook aangedoen is by die kantore van AfriForum en Akademia. Dr. Groenewald het VF Plus-verkiesingskandidate en -ondersteuners toegespreek oor die verval van stede en dorpe wat ekonomiese groei en werkskepping nadelig beïnvloed. Hy het benadruk dat korrupsie, wanbestuur, beurtkrag en -water, besoedeling en swak dienslewering voor die deur van die ANC se beleidsrigting geplaas moet word. Hy het ondersteuners aangemoedig om saam met die party op te staan teen hierdie beleid om so ʼn beter toekoms met gelyke geleenthede vir almal te skep.

FOTOS: (VF Plus Gauteng)









4 views0 comments