Search

VF Plus sê balju se beslaglegging het dienslewering tot stilstand gebring in Emfuleni

VAALDRIEHOEK - Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit is Dinsdag oggend vir die vierde keer in drie jaar op sy knieë gedwing toe die balju feitlik op al die munisipaliteit se voertuie beslag gelê het. VF Plus Raadslid, Gerda Senekal, skryf in ‘n verklaring dat die beslaglegging weens die munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom was. Volgens Senekal, skuld Emfuleni die kragvoorsiener sowat R4,2 miljard. Senekal sê dat die gevolg van Emfuleni se wanbetaling is dat dienslewering tot stilstand gekom het. Senekal dui aan dat in een geval was amptenare onderweg na Bophelong gevra om stil te hou en die voertuig aan die balju te oorhandig. Hulle was oppad om voorbereidings te tref vir die amptelike opening van ʼn nuwe biblioteek.

FOTO: (Vryheidsfront Plus)



4 views0 comments