top of page
Search

VF Plus sê die Emfuleni burgermeester skitter in sy afwesigheid by openbare deelnamevergaderings

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se burgermeester Sipho Radebe, skitter in sy afwesigheid by die munisipaliteit se openbare deelnamevergaderings met die gemeenskap. VF Plus Emfuleni raadslid Gerda Senekal, sê Emfuleni het reeds drie vergaderings in verskillende gebiede aangebied as deel van sy openbare deelnameproses om voorstelle en vrae van inwoners rakende die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) aan te hoor. Senekal sê die feit dat dat die burgemeester nie die vergaderings bywoon nie en slegs ter elfde ure ʼn burgemeesterskomiteelid en die speaker, Sibongile Soxusa, as waarnemende burgemeester na die vergadering stuur, is onaanvaarbaar. Senekal sê ingevolge die Munisipale Strukturewet is die munisipaliteit verplig om toe te sien dat die burgemeester en sy span aktief betrokke is by die proses van openbare deelname vir die samestelling van die GOP en die begroting. Met sy afwesigheid, verbreek die burgemeester nie net sy vertrouensband met die kiesers nie, maar versuim ook die nakoming van sy wetlike pligte.

 
 
 

Recent Posts

See All

留言


Sleepwa Parte Apr 25_VCR Banner.png
bottom of page